Harde werk maak deur oop vir model
Nathan is ook gereeld betrokke by verskeie ouetehuise en kinderhuise van die dorp waar hy liefdadigheidswerk doen.
Mine Fourie
minev@caxton.co.za
Nathan Evans (17) het onlangs die titel van Mr National Supermodel RSA 2020 ingepalm.
Die National Supermodel RSA-kompetisie word jaarliks deur DM Pageant Productions van Dorothy Martin aangebied en het hierdie jaar by die Arto Teater in Pretoria plaasgevind.
Gedurende die kompetisie moes Nathan opheffingswerk doen wat hom in staat gestel het om donasies van kontant, klere en nie-bederfbare voedsel aan minderbevoorregtes van die dorp te skenk.
“Liefdadigheid is my passie en dit gee my die voorreg om ’n verskil in ander mense se lewens te maak,” het hy vertel.
Nathan is ook gereeld betrokke by verskeie ouetehuise en kinderhuise van die dorp waar hy liefdadigheidswerk doen.
As gevolg van al Nathan se betrokkenheid met opheffingswerk, was hy ook as die wenner van die Charity Senior Boys-afdeling aangewys.
Nathan het ook die Best Ramp Model, Best Dressed Senior Boys en Best Hair Senior Boys-afdelings gewen.
Alhoewel die talentvolle seun voorheen by verskeie modelskole betrokke was, doen hy deesdae sommer self sy eie beplanning en voorbereiding vir elke kompetisie in sy studio by hul huis in Minnebron.
Hennie Evans, Nathan se pa, ondersteun graag vir Nathan waar hy kan en tree as sy agent by al sy model-kompetisies op.
Lees: VIDEO: Brakpan skoonheid in lyn vir Mej Suid-Afrika titel
Nathan het in 2016 met modelwerk by Model Manifest begin en het in 2017 reeds sy eerste groot titel, Mr Petite Teen SA asook Mr Junior Charity SA, gewen.
Hy het sedertdien ook talle ander kompetisies gewen.
Die hoogtepunte in sy se model loopbaan is beslis dat hy die Mr National Supermodel RSA titel losgeslaan het, aangesien die kompetisie in dié afdeling baie sterk was en hy die titel op sy eie, sonder die hulp van ‘n modelskool, gewen het.
Nathan glo harde werk is altyd nodig en leef by die gesegde van Dwayne Johnson, “Wees altyd die hardste werker in die vertrek”.
“Ek dink aan myself as die hardste werker waar ook al ek mag wees, ongeag of ek wen of verloor,” het hy vertel.
“Ek sal net nooit moeg gewerk wees nie, want ek, my pa, my ouma en selfs my tannie leef by ’n kode om nooit op te gee nie, maak nie saak wat nie.
“Ons leef in moeilike tye en op die een of ander manier voel dinge dikwels asof jy uiteindelik kan ontspan, maar dan is daar moeiliker tye wat geneig is om jou uit te daag.
“Maar al wat ek kan sê is, dat ek elke uitdaging aanvaar,” het Nathan vertel.
Het jy ‘n storie?
Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za
of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za
of Miné Fourie (Joernalis) minev@caxton.co.za
Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:![]()
![]()
![]()
![]()
For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs Advertiser, Boksburg Advertiser, Benoni City Times, African Reporter



