Local newsNews

Kinders se sorge vir ‘n wyle vergete

Die pandemie het baie gesinne die geleentheid ontneem om vir hulle kinders ’n Kersgeskenk te kon koop.

Die sorge en swaarkry wat die pandemie vir baie gesinne met kinders van die dorp veroorsaak het was Woensdag vir ’n wyle vergete.

Vir ‘n paar uur lank was daar net opgewondenheid en glimlagte te sien op die gesigte van ‘n groep kinders wat deur Solidariteit Helpende Hand se Brakpan-tak en die Just Wheels Motorklub by die klubhuis getrakteer is.
‘n Groep van sowat 70 kinders van gesinne, wat deur Solidariteit Helpende Hand Brakpan-tak bygestaan word, het ‘n onvergeetlike dag beleef.

Die kinders het gesmul aan eetgoed wat deur ‘n lid van Just Wheels geskenk is: spookasem, kolwyntjies en koeldrank. Daar is op springkastele gebaljaar en natuurlik was die koms van Kersvader ‘n hoogtepunt.“Die geskenke wat ons vir die kinders kon gee is geskenk deur inwoners met oop harte wat verstaan dat Covid-19 nie kinders se skuld is nie,” het Esmé Strauss, voorsitter van die Solidariteit Helpende Hand Brakpan-tak gesê.“Die pandemie het baie gesinne die geleentheid ontneem om vir hulle kinders ‘n Kersgeskenk te kon koop.

“Ons harte loop oor van dankbaarheid teenoor elke persoon wat ‘n bydrae gemaak het om van die dag ‘n sukses te maak,” het Strauss gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button