DA raadslid vir wyk 97, Brandon Pretorius (regs) het die projek gekoördineer. Danie van der Westhuisen, sanger en passievolle inwoner van die dorp het deur middel van Facebook bewusmaking oor die aksie gedoen ek sodoende gesorg dat meer mense opgedaag het.
‘n Groot groep inwoners van die dorp en omliggende dorpe het vanoggend (Saterdag) by die Tweedy Park Kompleks opgedaag om, in die versengende hitte, tuinwerk te doen.
Die aksie volg na vandeesweek se voorblad berig van die Herald (Bejaardes voel afgeskeep). Die Herald het berig dat instandhouding by die kompleks nie deur die Stad van Ekurhuleni gedoen word nie.
Daar is verskeie onbewoonde huise waar die gras en onkruid dak hoogte groei. ‘n Gees van saamstaan het vanoggend geheers toe jonk en oud opgedaag het om te help.
Covid-19 portokol is gevolg.
‘n Volledige berig, meer foto’s asook ‘n video oor al die betrokkenes en die vordering wat gemaak is volg later.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
Thelma Koorts is an editor with a passion for delivering high-quality editorial services that meet the evolving needs of readers and clients. She currently serves as the editor for the Brakpan Herald, Springs Advertiser, African Reporter, and Heidelberg Nigel Heraut. With over 30 years of experience in journalism, her goal is to keep readers informed and updated through informative news from the community to the community.