Local newsNews

Amnestietydperk vir onwettige wapens verstryk binnekort

Die doel van die amnestietydperk is om die publiek aan te moedig om onwettige vuurwapens in te handig.

Die tyd vir vuurwapeneienaars om onwettige vuurwapens aan die SAPD te oorhandig verstryk aan die einde van die maand.

Vuurwapeneienaars word daaraan herinner dat die amnestietydperk op 31 Januarie 2021 eindig.

Die doel van die amnestietydperk is om die publiek aan te moedig om onwettige vuurwapens in te handig en vervolging vry te spring.

Persone wat van die geleentheid wil gebruik maak kan die Brakpan Polisiestasie weeksdae tussen 8vm en 4nm besoek.

Die kantoor, wat die inhandiging van vuurwapens hanteer, sal ook op 30 Januarie vanaf 7vm tot 4nm en 31 Januarie vanaf 8vm tot 8nm oop wees.

Die kantoor (G04) is geleë op die grondvloer in die gebou, links van die hoofgebou.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Joernalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button