Local newsNews

Rinél Day stel nuwe musiekvideo bekend

Rinél wou graag grense verskuif met die skiet van hierdie tong-in-die-kies-video

In die moderne lewe gebeur dit dikwels dat mans en vroue rolle omruil en dat die vrou aan die stuur van sake staan.

In Rinél Day se nuutste musiekvideo van haar treffersnit, Breek die mure af, wat pas bekendgestel is, wys sy op ’n komiese manier dat dit heeltemal in orde is vir Evas om die leiding te neem en dat hardwerkende vroue ook geregtig is op hul eie sprokiesverhaal.

ALSO READ: 

 Musiekblyspel vir oud en jonk

Rinél is ‘n inwoner van Brakpan.
“Ek dink die alledaagse lewe en drama maak dat ons, as vroue, ons harte toemaak vir die idee van liefde en moontlike hartseer, maar ons besef nie altyd hoe kosbaar die liefde kan wees nie,” vertel Rinél.

“Jy kan jou eie sprokiesverhaal skryf al is jy ’n hardwerkende vrou,” verduidelik sy oor die konsep agter haar nuutste musiekvideo, wat sy beskryf as ’n moderne era-video met ’n Vintage-kinkel.
“Die idee was om uit te beeld dat hardwerkende vrouens ook ’n sprokiesverhaal kan hê.
“Min het ek geweet dat ek self ook soveel innerlike mure sou afbreek tydens die skiet van die video. Ek is omtrent uit my gemaksone gehaal en het myself op ’n heel ander vlak leer ken.”

Rinél wou graag grense verskuif met die skiet van hierdie tong-in-die-kies-video, en sy kry dit reg om die kyker weg te voer na ’n wêreld waar die man tuisbly, die vrou bedien en selfs stryk!

Breek die mure af is ’n voetstamp lekker popsnit , uit die pen van Werner Beukes, Johan Brummer (Fatman) en Marius Strydom, wat in die voetspore volg van haar vorige enkelsnit en musiekvideo, Ek Het Opgestaan.

Om uniek te wees in ’n bedryf waarin daar baie kompetisie is was nog altyd vir Rinél, een van die grootste bestanddele van die sukses wat sy tot dusvêr bereik het.
Met haar nuutste musiekvideo wys sy weer eens dat sy nie bang is om kanse te waag om ’n treffende boodskap oor te dra nie en verstewig sy haar plek in die harte van musiekliefhebbers regoor die land.

Have a story?

Contact the newsroom by emailing:

Thelma Koorts  (editor) brakpanherald@caxton.co.za or Stacy Slatter (news editor) stacys@caxton.co.za  

Remember to visit the Brakpan Herald on the following social media platforms:

 Follow us:

 For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button