Local newsNews

Deel jou liefde en skenk bloed

Simoné se skoolloopbaan is verlede jaar ook erg ontwrig weens haar siekte en die hoop is dat dit vanjaar beter sal gaan.

Inwoners wat graag wil bloed skenk kan Saterdagoggend vanaf 9vm tot 3nm ‘n draai by VC Super Spar in Dalview gaan maak.
Die Suid Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) moedig mense aan om, ten spyte van Covid-19, steeds bloed te skenk.

ALSO READ: 

Daar is baie nuwe “kieme” by Hoërskool Die Anker

Saterdag se bloedskenkingsessie dra ook ’n spesiale boodskap.
Die absolute nodigheid om bloed te skenk het verlede jaar onder die vergrootglas gekom toe die Herald berig het oor die 13-jarige Simoné Wasserman wat weens ‘n kroniese siektetoestand ‘n gebrekkige immuunstelsel het.

Dit lei daartoe dat sy elke vier weke medikasie, wat Polygam genoem word, moet ontvang.
Hiérdie medikasie word gebruik om die liggaam se natuurlike verdedigingstelsel (immuunstelsel) te versterk om sodoende die risiko van infeksie by persone met ‘n verswakte immuunstelsel te verlaag.

Die medikasie word vervaardig uit gesonde menslike bloed met ‘n hoë vlak van sekere teenliggaampies, wat help om infeksies te beveg.
Polygam kan van enige bloedgroep vervaardig word.

Simoné se ma, Melanie Wasserman (45), het tydens die eerste onderhoud aan die Herald gesê dat dit sedert Covid-19 bitter moeilik is om Polygam te bekom.
“As gevolg van Covid-19 glo ek dat mense in die algemeen minder bloed skenk,” het Melanie vertel.

“Dit is nie net my kind wat afhanklik is van bloed nie, daar is derduisende mense wat bloed vir een of ander rede moet ontvang.

“Februarie is die maand van liefde en om bloed te skenk is om lewe te gee. Ek wil graag almal uitnooi om Saterdag te gaan bloed skenk by die VC Spar,” het Melanie gesê.

Simoné se skoolloopbaan is verlede jaar ook erg ontwrig weens haar siekte en die hoop is dat dit vanjaar beter sal gaan.
Sy gaan haar hoërskoolloopbaan Maandag aan die Hoërskool Stoffberg begin.

Have a story?

Contact the newsroom by emailing:

Thelma Koorts  (editor) brakpanherald@caxton.co.za or Stacy Slatter (news editor) stacys@caxton.co.za  

Remember to visit the Brakpan Herald on the following social media platforms:

 Follow us:

 For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button