Randy die boerboel floreer by nuwe tuiste
Covid-19 het so baie lewens verwoes en Randy se storie het ‘n realiteit geword, daar is hoeveel diere wat in die selfde bootjie sit as hy.
Pebbles Bridge Care Facility is ‘n nie-winsgewende familie besigheid in Brakpan wat onlangs hul harte oopgemaak het teenoor Randy, ‘n twee-jarige boerboel wat sy gesin weens Covid-19 verloor het.
Die bestuur van Pebbles Bridge het bewus geraak van die boerboel se lot toe Ann Martin, die stigter van Animal Birth Control, sy storie op sosiale media gedeel het.
ALSO READ:
WATCH: Starving boerboel is on the mend
Ann het in haar Facebook plasing die hoop uitgespreek om vir Randy ‘n nuwe huis te kry maar ook die hoop uitgespreek om die dier te laat steriliseer, ontwurm en met ‘n mikroskyfie te laat toerus.
“Daar was ‘n oorweldigende reaksie en donasies van sovêr as Kanada en Ierland is ontvang,” het Ann vertel.
Craig View Veeartseny Kliniek het egter aangebied om Randy gratis reg te kry vir sy aanneming.
“Die fondse wat ons ingesamel het word nou aangewend om voort te gaan met die sterilisasie-projekte wat Animal Birth Control aanpak,” het Ann verduidelik.
Pebble Bridge is ‘n familie georiënteerde besigheid en wil hê dat die inwoners deel van die familie voel.
Juis daarom is daar nie twee keer gedink om Randy in te neem nie.
Die sentrum word bestuur deur Stephan van Wyk (36), Stephane du Preez (36) en Maritza van der Westhuizen (34).
Maritza beskryf Pebble Bridge as “‘n plek wat rustigheid bring.”
Met Randy se aannemingsproses was daar geen teenkanting nie en almal was reg om hom met ope arms te verwelkom. Daar was egter kommer dat Randy sou rou oor sy gesin en dat hy gaan sukkel om aan te pas.
“Toe Randy by ons aankom het hy egter almal verbaas. Hy het dadelik aangepas en die plek sy eie gemaak,” het Maritza vertel.
“Hy het die sagste geaardheid en almal was dadelik lief vir hom.
“Hy is nou al twee weke by ons en hy weet klaar voor wie se kamerdeur hy moet gaan vra vir ietsie lekker,” sê Stephane.
Randy slaap in die aande by een van die inwoners, Marita van Jaarsveld (61).
“Hy staan gereeld op en kom druk sy neus onder my hand totdat ek beweeg dan gaan lê hy weer,” vertel Marita.
ALSO READ:
Dis moeilik om te sê wie Randy se grootste aanhanger is aangesien almal by Pebble Bridge vreeslik lief is vir diere. Dit is vir die inwoners stimulerend as hy net liefde soek.
“Hy het dadelik in almal se harte geklim,” vertel Ste
phane.
“Covid-19 het so baie lewens verwoes en Randy se storie het ‘n realiteit geword, daar is hoeveel diere wat in dieselfde bootjie as hy sit. Ek is net bly ons kon ‘n verskil maak,” het Stephan verduidelik.
Anais Struass
anais@caxton
Have a story?
Contact the newsroom by emailing:
Thelma Koorts (editor) brakpanherald@caxton.co.za or Stacy Slatter (news editor) stacys@caxton.co.za
Remember to visit the Brakpan Herald on the following social media platforms:
Follow us:










