Local newsNews

Diereliefhebber beleef heerlike verjaarsdag

Rizindi was in haar noppies om die skenking van dierekos, komberse en kontant aan die DBV te oorhandig.

’n Jong inwoner van die dorp se verjaarsdagwens is bewaarheid toe sy Saterdag haar 14de verjaarsdag saam met haar maats en familie by die Brakpan DBV deurgebring het.

Die Herald het onlangs oor Rizindi Nel se wens om die DBV op haar 14de verjaarsdag te help, berig. (Help om Rizindi se wens te bewaarheid)

LEES OOK:

 Inwoner word lekker verras op sy 65ste verjaarsdag

Sy was Saterdag opgewonde om onder ’n groot koelteboom haar maats te ontvang.

Haar indrukwekkende verjaarsdagkoek, in die vorm van ’n hond, was ’n treffer en het nie net mooi gelyk nie, maar lekker geproe ook.

Die besoekers kon onder ’n waaksame oog met die diere by die DBV speel en terselfdertyd ook meer te wete kom van die organisasie.

Rizindi was in haar noppies om die skenking van dierekos, komberse en kontant aan die DBV te oorhandig.

“Dit was die beste verjaarsdag ooit,” het die vriendelike diereliefhebber gesê.

Haar ouma, Hetta Bruwer (53), het gesê dat die kinders ’n onvergeetlike dag beleef het en het almal bedank wat skenkings gemaak het.

Have a story?

Contact the newsroom by emailing: Thelma Koorts  (editor) brakpanherald@caxton.co.za or Stacy Slatter (news editor) stacys@caxton.co.za

 Remember to visit the Brakpan Herald on the following social media platforms: 

 Follow us:

     

 For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button