Motorfietsklub rol moue op en ruk park reg
Dit was egter die laaste tyd byna onmoontlik om by die park uit te span as gevolg van die gras.
Al hoe meer inwoners van die dorp wat keelvol is vir die gebrek aan dienslewering rol deesdae self moue op om ’n verskil te maak.
Dit was die naweek ook die geval in Brenthurst, toe die park in Thomasstraat onder hande geneem is.
Die park is met speel- en oefenapparate toegerus, wat populêr is, en talle inwoners besoek die park, veral oor naweke.
LEES OOK:
Motorists stage park off in support of #StanceIsNotACrime movement
Dit was egter die laaste tyd byna onmoontlik om by die park uit te span as gevolg van die gras wat op plekke meer as ’n meter hoog gegroei het.
Lede van die Metal Snakes Motorfietsklub en inwoners van die omgewing het Saterdag en Sondag in die versengende hitte bymekaar gekom om die park reg te ruk.
Die lang gras is om die speel- en oefenapparate gesny en gesinne kan nou weer die park besoek.
“Ons woon in Brakpan-sentraal, maar ons kom gereeld na hierdie park met ons kinders omdat dit veel veiliger is,” het een van die persone wat Sondag gehelp het, gesê.
Corné Smit, president van die Metal Snakes, het gesê: “Dit help regtig nie meer om net hande gevou te sit en te hoop dat dinge sal gebeur nie.
“Elkeen moet maar sy kant bring anders gaan hierdie dorp van ons heeltemal ten gronde gaan.”
Have a story?
Contact the newsroom by emailing: Thelma Koorts (editor) brakpanherald@caxton.co.za or Stacy Slatter (news editor) stacys@caxton.co.za
Remember to visit the Brakpan Herald on the following social media platforms:
Follow us:







