Local newsNews

Cecil is reg vir die nuwe uitdaging by Laerskool Die Arend

As adjunkhoof van Laerskool Die Arend is my grootste doelwit om die visie van ons skool uit te leef.

Anais Strauss
anais@caxton.co.za

Cecil Strydom (35) is onlangs as die adjunkhoof van Laerskool Die Arend aangestel.

Hy is sedert 2008 verbonde aan die skool, toe hy op sy eerste dag begroet is deur sowat 550 leerders.

“Ek kan met ’n goeie hart sê dat ek gehelp bou het aan ’n top skool wat tans spog met 1 500 leerders. Dit is altyd lekker om terug te kyk en te sien wat ek en my kollegas met harde werk en toewyding verrig het,” het Cecil gesê.

Hy het aan die Onderwys Kollege in Wellington studeer en in sy tweede jaar geskuif na die Cape Peninsula University of Technology.

Oor die nuwe pos wat hy beklee sê hy dat hy geskok was toe hy hoor dat die pos syne was.

LEES OOK:

Nuwe adjunkhoof vir Laerskool Die Arend

“Om as die beste kandidaat uit te staan is ’n baie groot voorreg,” het Cecil beklemtoon.

“Een van die vrae wat die moeilikste was om te beantwoord tydens my onderhoud was: Hoe definieer die wet die rol van die ouer?

“Dit was vir my ’n moeilike vraag omrede ons deesdae in ’n moderne era leef met soveel gebroke gesinne en families, so dit hang af van wie die rol van die ouer in elke situasie vertolk,” het hy verduidelik.

Hy voeg by dat die pandemie ’n groot rol soos syne tog omvêr gegooi het, maar dat hy nie vir koue pampoene skrik nie.

“Ek dink soos enige situasie gooi dit jou hele lewe omvêr. Ek is wel ’n persoon wat hou van struktuur, so as mens die nodige protokol volg en hou by die riglyne raak jy gewoond aan die nuwe normaal.

“Wat my die benoudste maak is, wat van ons kinders gaan word.

“Buiten die aangepaste akademiese plan, het Covid-19 ’n negatiewe impak op ons kinders se sosiale, emosionele en fisiese welstand,” het hy gesê.

Hy het ook advies of woorde van wysheid vir onderwysers wat aan die begin van hul loopbane staan.

“Wees van die begin af streng, die leerders moet weet wie die onderwyser is.

“As jy eendag iets wil bereik in die onderwys verg dit baie harde werk en toewyding. Gee jou beste en wees bereid om die ekstra myl te loop.”

Cecil woon die afgelope 13 jaar in Dalview en is getroud aan Alyssa (33). Hulle kind, Ilne, is ses jaar oud.

Have a story?

Contact the newsroom by emailing: Thelma Koorts  (editor) brakpanherald@caxton.co.za or Stacy Slatter (news editor) stacys@caxton.co.za

Remember to visit the Brakpan Herald on the following social media platforms:

 Follow us:

    

 For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button