Vullis met ’n glimlag verwyder
Hulle het wraggies terug gekom en ons asblik geneem en leeg gemaak.

Dankbaar skryf per e-pos
Ons woon in Hoffmeyerstraat, Brenthurst, en soos die ander inwoners van ons dorp was die afgelope paar weke maar ’n nagmerrie wanneer dit by vullisverwydering kom.
Ek en my man werk beide en ons kan nie ons vullisblik elke keer terug neem in die erf of uitsit wanneer ons dink dat die vullis trok verby gaan kom nie.
Sondagoggend was ons in die huis besig toe ons die trok hoor. Ons blik was nie uitgesit nie en my man het so gou gemaak as wat hy kon.
Een van die vullisverwyderaars het hom gesien en die bestuurder van die vragmotor se aandag getrek.
Hulle het wraggies terug gekom en ons asblik geneem en leeg gemaak.
ALSO READ:
Kleintjies glimlag breed oor boeke en lekkers
Die man was ook baie beleefd en het vriendelik gegroet.
Dit maak nie die ongerief van die afgelope paar weke beter nie, maar ek het besef dat die werkers ook net opdragte van hul werkgewers uitvoer.
Hopelik sal ons frustrasies een van die dae op ’n einde wees en sal die rooster weer na normaal terugkeer.
Have a story?
Contact the newsroom by emailing: Thelma Koorts (editor) brakpanherald@caxton.co.za or Stacy Slatter (news editor) stacys@caxton.co.za
Remember to visit the Brakpan Herald on the following social media platforms:
Follow us:



