
Annerie Keet skryf per e-pos:
So nou moet almal wat vir ‘n drankwinkel werk al weer vir twee weke sonder werk sit. Ek weet want my man is een van daardie mense.
Gelukkig werk hy vir ‘n goeie baas en kry hy darem nog ‘n bietjie geld maar wat van al die ander eienaars van drankwinkels en restaurante wat nie hulle werkers kan betaal nie?
Ons is self nie drinkers nie so dit pla my nie regtig nie maar ek kan nie sien hoe dit eintlik help nie, behalwe om besighede nog meer swaar te laat kry.
Ek was Saterdag (omdat dit die einde van die maand was) by ‘n slaghuis en daarna by ‘n supermark.
Daar was wel toegangsbeheer by die slaghuis maar in die supermark was daar ver oor 500 mense.
Hoekom word almal nie dieselfde behandel nie?
Ek verstaan dat die hospitale nie beddens het nie, maar drank kan nie elke keer die skuld daarvoor kry nie.
Sterkte aan almal wat vir twee weke sonder werk en sonder geld gaan sit.
Maar sterkte ook aan almal wat siek is. Mag julle gesond word en hopelik sal die beperkings na twee weke weer gelig kan word.



