Editor's choiceLocal newsNews

Pas bekend: Pa wat deur rowers geskiet is, oorlede

Die paartjie se ses kinders tussen die ouderdomme van drie en 16 jaar was ten tye van die voorval in die huis.

Die  32-jarige Gerald van Jaarsveld wat voor verlede Donderdagaand deur rowers in sy huis in Brakpan-Noord geskiet is, is vanoggend in die hospitaal oorlede.

Die Herald het verlede week berig oor die voorval waartydens Gerald en sy verloofde, Kathleen van Wyk (35) in hul huis geskiet is toe hulle hulself in inbrekers vasgeloop het. Kathleen is eerste in die maag raak geskiet, waarna Gerald vier keer in die regterbeen en een keer in die maag getref is.

Die paartjie se ses kinders tussen die ouderdomme van drie en 16 jaar was ten tye van die voorval in die huis asook ‘n bejaarde egpaar.

Gerald wat die afgelope tyd in die Chris Hani Baragwanath Akademiese Hospitaal behandel is, het verskeie operasies ondergaan in ‘n poging om sy lewe te red.        

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Thelma Koorts

Thelma Koorts is an editor with a passion for delivering high-quality editorial services that meet the evolving needs of readers and clients. She currently serves as the editor for the Brakpan Herald, Springs Advertiser, African Reporter, and Heidelberg Nigel Heraut. With over 30 years of experience in journalism, her goal is to keep readers informed and updated through informative news from the community to the community.

Related Articles

Back to top button