Local newsNews

In die Kollig

Leer ons mense ken.

Letitia Bekker (48) is die hoofversorger van die East Rand Children’s Haven. Die huis huisves 20 kinders, wie weens verskeie redes uit hul huise verwyder is deur die regstelsel. Letitia woon saam het haar lewensmaat, Charl Trollip (48), in Brakpan-sentraal.

Hoe lank is jy al by East Rand Children’s Haven betrokke?
Ek werk al hier vir nege jaar en sewe maande.

Wat is jou rol en daaglikse take?
Ek is verantwoordelik vir die versorging van kinders, kook van gebalanseerde etes, asook weeklikse inkopies vir daaglikse benodighede. Ek moet ook die kinders oplaai by skool, kinders dokter en tandarts toe neem, donasies ontvang en uitsorteer en dan natuurlik na al die kinders se verskeie behoeftes omsien.

Hoe het jy by die huis betrokke geraak?
Ek wou nog altyd by so iets betrokke wees, dit was nog altyd ’n droom van my. Ek was baie gelukkig toe ek die pos kry.

Watter beroep het jy gevolg voor jy betrokke geraak het by East Rand Children’s Haven?
Ek het by ’n kleuterskool gewerk.

Wat is die grootste uitdaging wat met jou werk gepaard gaan?
Wanneer nuwe kinders in kom, om hulle te troos en veilig en tuis te laat voel. Ek moet maar altyd die trane sluk.

Watter deel van jou werk geniet jy die meeste?
Om ’n klein verskil te maak en ’n glimlag op elke kind se gesig te sien.

Hoe neem jy afskeid van ’n kind wat vir ’n lang tyd in die huis was, en hou jy kontak daarna?
Ek hou niks van afskeid neem nie. Dit is baie hartseer. Gelukkig behou baie kinders kontak en kom selfs inloer by ons elke nou en dan.

Is jy van mening dat daar genoeg gedoen word om kinders en hul regte te beskerm?
Ja, ek voel daar word genoeg gedoen word.

Indien jy enige ander beroep kon kies, wat sou dit wees?
Ek sou nie enige ander beroep wou hê nie. Ek geniet wat ek doen.

Hoe lyk ’n dag in jou skoene?
Elke dag is ’n verrassing en nie een dag kan vooruit beplan word nie.

Wat doen die huis tydens skoolvakansies om die kinders besig te hou?
Vakansies hou ons die kinders besig met aktiwiteite soos Lego bou, bak en brou, ons neem hulle parkie toe, ry fiets en swem.

Wat is jou gunsteling seisoen?
Somer.

As jy een gereg moet eet vir die res van jou lewe, wat sal jy kies?
Braaivleis en slaai sal ek elke dag kan eet.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button