Local newsNews

Jong kinderoppasser oorlede

Sy was op haar gelukkigste wanneer sy kinders om haar gehad het.

‘n Jong kleuterskoolonderwyser van die dorp is Vrydag slegs ‘n paar dae nadat sy siekerig begin voel het, oorlede.
Zuanita Smit (24) sal veral onthou word vir die tyd toe sy by Honkie Ponkie Opvoedkundige Sentrum werksaam was.

Sy was volgens haar ouma, Anita Graham, baie lief vir kinders en sy was op haar gelukkigste wanneer sy kinders om haar gehad het.

“Zuanita het ‘n absolute passie vir kinders gehad,” het Anita vertel.

Sy is is Benoni gebore maar het in Brakpan groot geword waar sy ook skool gegaan het. Nadat sy aan Hoërskool Die Anker gematrikuleer het, het sy vir drie maande as Au Pair in Nieu-Seeland gaan werk.

Twee netbalspelers van Die Arend haal Gauteng-span

Sy was by Honkie Ponkie betrokke totdat dit in 2019 sy deure gesluit het waarna sy vir ‘n wyle steeds voortgegaan het om op die perseel na kinders om te sien.

Die voormalige eienaar van Honkie Ponkie, Antoinette van Zyl, het groot lof vir Zuanita gehad. Antoinette het aan die Herald gesê dat Zuanita baie diep sport by Honkie Ponkie getrap het.

“Haar kreatiwiteit het geen perke geken nie en die omgee en deernis wat sy vir haar medemens gehad het is iets wat ek goed kan onthou,” het Antoinette gesê.

Zuant het daarna ‘n winkel, She’s got the look, op die been gebring.

“Sy het die uitdaging geniet maar die winkel was nie op ‘n goeie plek geleë nie en sy het voltyds begin werk by ‘n onderneming waar sy ook na die eienaars se kinders omgesien het wanneer dit nodig was,” het Anita vertel.

Zuanita en haar ouma wat saam met haar ma, Zelda en stiefpa Diederick de Beer in Dalview gewoon het, was onafskeidbaar.

Vehicle rollover leaves one dead, three injured in Brakpan

“Ek het Zuanita was soos twee magnete; waar ek gegaan het, het sy gegaan,” het ‘n hartseer Anita vertel.
Sy het verduidelik dat Zuanita reeds vanaf ‘n jong ouderdom gesondheidsprobleme weens ‘n lewerdefek gehad het.

“Sy het verlede week siek geword en nadat sy in die hospitaal behandel is en huis toe gestuur is, is sy Vrydag oorlede.

“Ons is dankbaar dat sy vir 24 jaar vir ons geleen is. Sy was ons sonskynkind en het baie geluk in soveel mense se lewens gebring,” het Anita gesê.

Zuanita was verloof aan Martin Hardman.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button