Local newsNews

Happenings

What is happening in Brakpan.

4 September
‘n Boeremark word op die perseel van die Just Wheels Motorklub, wat te Kitzingerlaan 69 geleë is, gehou. Persone wat stalletjies wil bespreek kan vir Belinda Coetzer by 076 167 4328 kontak.
Die toegangsfooi is nie-bederfbare kos, tweedehandse klere of -beddegoed of kombuisware en speelgoed.

23 September
‘n Gholfdag en fondsinsameling om die lewe van Gerald van Jaarsveld te vier word op 23 September by die State Mines Country Klub aangebied. (Gerald is onlangs oorlede nadat hy in sy huis in Sherwood Gardens deur inbrekers geskiet is). Persone wat belangstel om te speel kan vir Ruan Myburgh by 062 612 8597 skakel.

26 September
Die Just Wheels Motorklub se opedag word op 26 September by die klubhuis, wat te Kitzingerlaan 69 geleë is, gehou. Die dag bied die perfekte geleentheid vir oud en jonk om ‘n genotvolle dag te beleef. Voertuie word uitgestal, vlooimark- en kosstalletjies kan besoek word en vermaak word deur die loop van die dag aangebied. Persone wat stalletjies wil bespreek kan vir Hannetjie van der Mescht by 082 263 7567 skakel.

• We would like to get our Happenings diary filled up again. If you have an event planned you can submit it for inclusion in the Happenings column. These include community projects, fêtes, school events, church fund-raisers and more.

The events included in this section are done so at the editor’s discretion. The deadline for submission of any entertainment events is 11am on Monday.

Email details to thelma @caxton. co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button