Local newsNews

Vroue rugbyspelers woeker op die veld

Tayla Smit Twee Hoërskool Dr EG Jansen leerders, Tiarisha Maritz en Catelyn Kruger, blink uit op die rugbyveld en is albei gekies om die Valke o-16 meisies te verteenwoordig. Maritz is van Reiger Park en Kruger van Primrose, Germiston. Hulle draf albei uit vir die Brakpan Bellas, ’n junior vroue span van die Brakpan Rugbyklub.

Twee Hoërskool Dr EG Jansen leerders, Tiarisha Maritz en Catelyn Kruger, blink uit op die rugbyveld en is albei gekies om die Valke o-16 meisies te verteenwoordig.

Maritz is van Reiger Park en Kruger van Primrose, Germiston. Hulle draf albei uit vir die Brakpan Bellas, ’n junior vroue span van die Brakpan Rugbyklub.

Die Boksburg Advertiser, ‘n susterskoerant van die Herald, het by die kranige rugbyspelers se deur aangeklop om meer uit te vind oor hulle en hul rugbyloopbaan.

Van wanneer af speel jy rugby en wat het jou geïnspireer om die sport te beoefen?

M: Ek het my passie vir rugby ontdek op laerskool toe my vorige afrigter my aangemoedig het om deel te word van die vrouerugby-toernooi. Die rugbybal in my hand en die spoed waarmee ek hardloop inspireer my.
K: Ek het in graad agt begin rugby speel. Vandat ek in laerskool was wou ek graag speel, maar ek het nooit die geleentheid gekry nie.

Watter posisie speel jy?
M: Regtervleuel (14)
K: Binnesenter (12)

Dink jy daar word genoeg gedoen om rugby onder vroue te bevorder?
M: Daar is min skole wat hierdie sport aanbied.
K: Ja, al die afrigters by die Valke probeer altyd die beste uit ons kry.

Wie is jou gunsteling Springbok-rugbyspeler?
M: Cheslin Colbe, omdat hy my gunsteling posisie speel en my inspireer.
K: Malcolm Marx.

Watter professionele rugbyspan ondersteun jy?
M: Bokke.
K: Die Springbokke, Transvalia en Blou Bulle.

Hoe balanseer jy rugby en skoolwerk?
M: Dis nie altyd maklik nie, maar my Moeder leer my dat balans en geletterdheid baie belangrik is. Ek moet op geletterdheid kan terugval indien ek ’n besering opdoen.
K: Ek is al so gewoond daaraan omdat ek baie sport doen.

Ervaar jy enige uitdagings as vroue rugbyspeler?
M: Ek moet ver van die huis af oefen omdat daar ’n tekort aan klubs is. My Moeder moet nou addisionele kostes aangaan om my by oefensessies te kry.
K: Nie regtig nie.

Wat wil jy graag eendag in rugby bereik?
M: Ek wil my land verteenwoordig.
K: Ek sal daarvan hou om vir Suid-Afrika se junior span te speel.

Hoeveel tyd bestee jy aan rugby en hoe bly jy fiks?
M: Ek oefen twee keer ’n week rugby en op die ander dae oefen ek landloop.
K: Ek oefen drie keer ’n week en ons afrigter laat ons onsself druk.

Kan jy ’n paar interessante feite oor jouself gee?
M: Ek is ’n Godvresende dogter wat glo dat liewe Jesus my hierdie talent gegee het. Ek wil graag ’n sukses maak van my loopbaankeuse.
K: Ek sien myself as die persoon wat die span aanmoedig om hulself aan te hou druk. Ek gaan nie om te wen nie, ek gaan om die spel te geniet.

Ondersteun jou familie en vriende jou rugby droom?
M: My familie is super opgewonde in my keuse en staan 100% agter my.
K: My familie en vriende ondersteun my. Daar is mense wat voel dat meisies nie moet rugby speel nie, maar dit maak nie vir my saak wat ander dink nie.

Het jy enige ander stokperdjies?
M: Landloop. Ek het ook al aan die Suid-Afrikaanse Landloop-kampioenskappe deelgeneem.
K: Ek spandeer graag tyd met die Here. Ek hou ook van netbal en dans.
Ben Kruger, hoofafrigter van die Brakpan Bellas, het die meisies geloof.
“Ons is baie trots op hierdie merkwaardige spelers en wens hul alle sterkte toe,” het hy gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button