Wyksraadslidkandidaat: Ons wil van jou hoor
Kandidate kan in 250 woorde inligting aanstuur, waarom inwoners u stem verdien.

Na die konstitusionele hof van Suid-Afrika se beslissing dat die munisipale verkiesing nie vanjaar uitgestel word nie, sal inwoners op 1 November hul kruisies kan gaan trek.
Die Herald streef daarna om ons lesers te help om ingeligte besluite te neem en nooi alle politieke partye se wyksraadslidkandidate (asook ander kandidate) uit om die geleentheid te benut om hulself aan die kiesers voor te stel deur die Herald.
Kandidate kan in 250 woorde inligting aanstuur, waarom inwoners u stem verdien. Die sluitingsdatum hiervoor is 11 Oktober.
Quality second-hand clothes on sale at church
Kandidate kan ’n e-pos aan Stacy Slatter stuur by stacys@caxton.co.za en die onderwerp moet die volgende insluit: 2021 Munisipale Verkiesing, die kandidaat se naam en van, wyk en politieke affiliasie.
’n Foto van uself met die beskrywing (wat nie die 250 woord limiet mag oorskry nie) moet ook ingesluit word.
• Die Herald onderskryf geen spesifieke politieke party of kandidaat nie en is slegs daarop gemik om ons lesers te help om ’n ingeligte besluit te neem.



