Local newsNews

Diewe steel sleepwa tydens beurtkrag

Die diewe se nagtelike besoek is op ’n sekuriteitskamera van ’n buurman vasgevang.

Diewe het Saterdagnag voordeel getrek uit beurtkrag wat in die dorp toegepas is om ’n sleepwa uit ’n erf in Brenthurst te steel. Beurtkrag is Saterdag vanaf 22:00 toegepas.

Chris Faber (50) van Hoffmeyerstraat het kort voor dit by sy huis aangekom en alles in orde gevind.
Toe hy Sondagoggend opstaan was dit egter nie die geval nie.

Diewe het die panele van ’n gedeelte van sy voormuur verwyder en ’n swaar diens sleepwa uit die erf gesteel.

“Ek het aanvanklik gedink dat iemand deur die nag deur die muur gery het, maar by nabye ondersoek, het ek gesien dat die sleepwa voete gekry het,” het Faber vertel.

Die diewe se nagtelike besoek is op ’n sekuriteitskamera van ’n buurman vasgevang.

“’n Mens kan sien hoe drie mans die sleepwa in die pad af stoot. ’n Bakkie kom dan aangery en gaan wag ’n entjie verder van die huis af. Dit is waar die diewe dit gehak en weggery het.”

Faber het vertel dat hy en sy gesien al 18 jaar in die huis woon en nog nooit voorheen moeilikheid gehad het nie.

“Die diewe het beslis gebruik gemaak van die donkerte om te kom moeilikheid maak,” het hy gesê.

Die voorval is by die Brakpan SAPD aangemeld.


ALSO READ

Kamp help kinders wie deur Covid geaffekteer is

Entertain at home: Beef burgers with balsamic onions, mature cheddar and pickles

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button