Ons Winkel skuif na nuwe perseel
Ons Winkel Brakpan is ‘n skenkingwinkel van Solidariteit Helpende Hand.
Die Ons Winkel Brakpan het verhuis en het op 25 Oktober deure oopgemaak in die Brakpan Plaza te 561 Voortrekkerweg, Winkel No 9 (skuins oorkant Nedbank).
Die nuwe perseel bied veilige parkering in Voortrekkerweg of op die parkeerarea bo Nedbank en met 24 uur sekuriteit aan diens kan kliënte verseker wees van veilige inkopies by Ons Winkel.
Die her-opening van die Ons Winkel Brakpan vind op 13 November om 09:00 plaas en die publiek word uitgenooi om die winkel te gaan besoek vir die beste winskopies van goeie gehalte tweedehandse goedere.
Ons Winkel Brakpan is ‘n skenkingwinkel van Solidariteit Helpende Hand en een van ongeveer 100 winkels landwyd waar lede van die publiek skenkings van tweedehandse goedere (meubels, kombuisware, linne, klere) kan maak.
LEES OOK: Focusing on ECD now can save SA’s future. Here’s how…
“Ons verkoop dan die skenkings teen bekostigbare pryse aan die publiek,” het Esmé Struass, eienaar van Ons Winkel Brakpan verduidelik.
“Uit die wins van die verkope uit Ons Winkel Brakpan, bied Helpende Hand maatskaplike hulp in die gemeenskap, werkgeleenthede en studiefondse aan behoeftige studente wat wil gaan studeer,” het Strauss gesê.
“Items wat geskenk word is dus nie net `items’ nie dit is ‘n `toekoms’,” het sy voorts gesê.
“Ons Winkel Brakpan is aktief in die gemeenskap betrokke en glo daaraan om Brakpan te dien, in die gemeenskap vir die gemeenskap.”
LEES OOK: Why you need to have your blood pressure checked



