Local newsNews

Twee Stoffberg onderwyers roep halt

Twee van Hoërskool Stoffberg se onderwyers groet.

Hoërskool Stoffberg het onlangs afskeid geneem van twee onderwysers en kollegas.

Annette Jungbauer (67) het na 14 jaar se diens besluit dat dit tyd is om die tuig neer te lê.

Annette het wiksunde aangebied en was ook die hoof van dié department.

“Wiskunde is my passie en die leerders het dit elke dag vir my die moeite werd gemaak,” het Annette vertel.

Sy wil graag na haar aftrede steeds kinders help wat met wiskunde sukkel.

Annalise du Preez (57), ’n departementshoof, groet na 35 jaar haar kollegas.

Annalise het vir langer as drie dekades haar passie ten volle in Brakpan uitgeleef.

“Hoërskool Stoffberg is deel van my. Ek het saam met die skool gegroei,” het Annalise gesê.

Sy het Afrikaans as vak aangebied en was in 2014 as die beste huistaal onderwyser aangewys.

Na haar aftrede wil Annalise en haar man die land verken.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button