Local newsNews

Brakpan vir Brakpan hou jaarvergadering

Die verkiesing van ‘n nuwe bestuur vir 2022 sal ook op die agenda wees.

Die algemene jaarvergadering van die Brakpan vir Brakpan organisasie word op 10 Februarie gehou.

Alle diens organisasies, kerke, besighede en belangstellendes word uitgenooi na die vergadering wat om 18:30 by die Just Wheels Klubhuis te Kitzingerlaan 169 sal plaasvind.

Die verkiesing van ’n nuwe bestuur vir 2022 sal ook op die agenda wees.

Die fokuspunte van die Brakpan vir Brakpan organisasie sluit onder andere in:

• Deur die daarstelling van ’n sentrale databasis van die persone of gesinne wat hulpbehoewend of werkloos is binne die vereistes van die POPI-wet. Die sentrale databasis is van kardinale belang om uitbuiters en professionele bedelaars hok te slaan.

• Die organisering, koördinering en gesamelike bestuur van gemeenskapprojekte ten opheffing van Brakpan se hulpbehoewendes. Elke organisasie behou sy identiteit, bates, finansies en voorrade. Samewerking en ondersteuning tussen organisasies is die sleutel tot suksesvolle gemeenskap opheffing.

• Die “standaardisering” van hulpverlening wat byvoorbeeld die volgende sal insluit:

• Nood kospakkie (kospakkie vir ‘n week vir twee persone en ‘n gesin van vier ontvang twee pakkies).

• Registrasie van hulpbehoewendes by die korrekte instansies vir langtermyn ondersteuning en bystand.

• Die daarstelling van ’n klerebank vir hulp met klere, beddegoed, kombuisware en meubels, afhangende van beskikbaarheid.

• Die daarstelling van ’n werksoek WhatsApp-groep vir mense wat werk soek en werksgeleenthede aanbied sowel as hulpverlening met die opstel van ’n professionele CV.
Inwoners wat meer inligting verlang kan vir Bart Zaayman by 083 390 8589 kontak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button