Local newsNews

Die Anker begin atletiekseisoen op hoë noot

Hoërskool Die Anker se atletiekseisoen het op 21 Januarie by Boksburgstadion afgeskop.

Hoërskool Die Anker se atletiekseisoen het op 21 Januarie by die Boksburgstadion afgeskop, waartydens die skool se atlete veral in die velditems uitgeblink het.

Die hoofseun, Nantus Joubert, het die hoogste punt verwerf vir die o-19 gewigstoot met ‘n afstand van 15m.

Die Anker het ook sy krag gewys deur skole soos Eldoraigne en Hugenote by die byeenkoms te klop.

“Ons skool werk hard op die atletiekbaan asook aan die motivering en positiewe ingesteldheid van die atlete nadat die Covid-19 pandemie vir meer as twee jaar skolesport gekniehalter het,” het ‘n woordvoerder van die skool gesê.

“Ons sien uit na ‘n atletiekseisoen vol goeie prestasies en hope geleenthede vir die kinders.”



LEES OOK: 

Brakpan-Oos wys hoofleiers vir 2022 aan

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button