Inwoner, Prince Georgelaan skryf per e-pos:
Die dorp se begraafplaas lyk soos ‘n oerwoud.
Ek het die week gesien dat daar ‘n poging aangewend is om die gras te sny maar dit vorder ook nie eintlik nie.
Ek bly al vir baie jare redelik naby die begraafplaas en dit het nog nooit so sleg gelyk nie.
Dit was vroeër jare vir my en my vrou lekker om bedags net daar te gaan rondstap, sommer vir oefening.
Nou kan ‘n mens meeste van die tyd nie meer daar inkom nie maar dit is ook nie veilig nie want die gras en onkruid staan op plekke kop hoogte.
LEES OOK: Oosies trek die leesboeke nader
Ek voel jammer vir die mense wat hul geliefdes se grafte wil besoek. Dit is ‘n skande dat die plek so lyk.
Hoekom kan daar nie mense aangestel word wat wil werk nie?
Aan die kant waar die klein parkie is, is die riete en bosse so hoog soos ‘n huis se dak.
Nee man ons wil nie in ‘n oerwoud bly nie.
Redakteur se nota: Die Herald het reeds op 7 Januarie en weer op 27 Januarie kommentaar van die Stad van Ekurhuleni versoek oor die toestand van die begraafplaas. Dit, nadat ‘n ander leser ook kommer uitgespreek het.
Geen kommentaar is tot dusvêr ontvang nie.
Oor die toestand by die klein speelparkie (wat aan die begraafplaas grens) het die Herald verlede week berig. (Water goes to waste at two municipal facilities).
LEES OOK: Talking about teen suicide saves lives #realconvo



