Local newsNews

KYK: Ongelukke op besige pad ruk nou hand uit

Drie ongelukke vind in minder as 24 uur plaas op dieselfde plek.

’n Gesin van Athlonelaan is raadop en terselfdertyd bekommerd oor die hoeveelheid ongelukke wat voor hul huis in dié besige straat plaasvind.

Volgens Verna Engelbrecht (60) is dit glad nie meer ’n ongewone verskynsel om ongelukke te sien plaasvind nie en was daar, volgens haar, sedert Januarie al 10 ongelukke voor haar woning.

Verlede week is die gesin se senuwees tot op die spits gedryf toe daar drie ongelukke in minder as 24 uur plaasgevind het.

Die eerste ongeluk het op 20 Februarie ongeveer 21:30 gebeur toe ’n motor vermoedelik beheer verloor het en reg voor die erf tot stilstand gekom het.

Maandagoggend net na 06:00 het ’n Chery QQ die sypaadjie getref en gerol. Die motor het in die huis se oprit op sy dak beland.



Om 11:30 dieselfde oggend het ’n minibus taxi oor die pad geswaai en deur die palisades van die woning gebars. Die minibus is deur die tuin, oor ’n boom en het ongeveer 1m van die kombuis tot stilstand gekom.

“Ek sidder om te dink wat sou gebeur het as my kleinkinders voor in die tuin gespeel het,” het Verna gesê.
Inwoners van die area beweer dat dit al vir dekades ’n probleem voor die spesifieke huis is.

Die gesin beplan om nou betonblokke voor hul erf aan te bring om te voorkom dat motoriste weer in hul erf beland.

“In die verlede was dit altyd net ’n ongeluk wat ons gehoor of gesien het, maar nou dat dit in ons erf plaasgevind het, moet daar iets gedoen word.

“Dit sal beslis help indien die owerhede dit oorweeg om spoedhobbels of ’n stopstraat aan te bring,” het Verna gesê.



At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button