Local newsNews

Agt-jarige ontdek haar talent vir visvang

Sy het die een vis na die ander uitgetrek en haarself goed van haar taak gekwyt.

Die agt-jarige Abigail Blignault het onlangs vir haar gesin ore aangesit langs die viswaters.

Sy het vir die eerste keer vis gevang en tot haar gesin se verbasing, baie goed daarin gevaar. Abigail en haar gesin het onlangs langs die Wilgerivier in die Vrystaat uitgekamp.

’n Rugstige naweek langs vir viswaters is wat hulle beplan het, maar dit was toe nie so rustig nie. Abigail het dadelik haar aas aan die hoek gesit en die lyn in die water gegooi.


LEES OOK: VLU-lede leer meer oor plante


“Vinnig het sy die eerste vis van 2kg uitgetrek en kort daarna die volgende van 2.9kg,” het haar ouma, Linda Duvenhage, gesê.

Die hele gesin moes bontstaan om die visse vir haar te skep en los te haak. Alhoewel dit haar heel eerste probeerslag met visvang was, het sy haarself gate uit geniet en haarself boonop goed van haar taak gekwyt.

Die gesin woon in Minnebron en beweer dat hulle gou weer ’n plan sal maak om Abigail by die viswaters uit te kry.


LEES OOK: Report sewer spillages for quicker response time


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button