Local newsNews

Skenk wintersklere om ander te help

Die liefdadigheidsprojek verander duisende lewens.

|Die winter wat op pad is bring ook ’n behoefte aan warm klere vir minderbevoorregtes.

Inwoners wat hul weg oopsien om die nood te verlig, kan die baadjies-aan-bome liefdadigheidsprojek, wat op 23 April by Sonneveld Akademie plaasvind, ondersteun.

Dit is ’n gemeenskapsprojek waar alle Suid-Afrikaners uitgenooi word om deel te neem deur hul ou baadjies, jasse, serpe of enige warm klere aan bome in die gemeenskap te hang.

Elize Pienaar organiseer vanjaar haar eerste baadjies-aan-bome projek.

Die baadjies word dan deur lede van dié organisasie gewas en herstel.

Daarna word dit weer aan bome gehang waar minderbevooregte mense dit kan afhaal om te gebruik.

Die organiseerder van die Brakpan projek, Elize Pienaar, meen dat die behoefte aan warm klere groot is.

“Ons aanvaar enige wintersklere vir volwassenes en kinders.

“Daar is baie minderbevoorregte kinders wat nie warm klere het nie,” het sy gesê.

Die projek strek regoor die land en verander duisende mense se lewens in verskeie gemeenskappe.

Lede van die Brakpan gemeenskap kon sedert die begin van April wintersklere skenk.

Winterslere kan op 23 April nog geskenk word en kan ook deur die loop van die dag deur minderbevooregtes by Sonneveld Akademie afgehaal word.

As jy wil deel wees van die projek kan jy gerus vir Elize by 082 328 9497 skakel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button