Local newsNews

Inwoners moet op hul hoede wees

Hierdie is mense wat desperaat is en desperate dinge sal aanvang.

Anzelle Fourie skryf per e-pos:

Met verwysing na die berig in die Herald van 17 Junie (Vreemde vrou onder bakkie gekry).

Wat ‘n vreemde verhaal maar tog vind ek dit nie heeltemal absurd nie.

‘n Mens mag seker nie vingers wys nie maar as die vrou se skoene en oorbel in die mense se erf was dan moes sy mos sekerlik in die erf gewees het; sonder toestemming en dus het sy oortree.

Ek glo sy het onder die bakkie weggekruip en het nie ‘n ander uitweg gehad toe die mense gery het nie.


LEES OOK: Marno is op die herstelpad


Hoe lelik sou dit nie geraak het as die vrou haar greep verloor het en in die proses erg beseer is nie. Die bestuurder van die bakkie sou verantwoording moes doen.

Die punt wat ek wil maak is dat daar ongelukkig al hoe meer hawelose mense in die dorp opgemerk word.

Hierdie is mense wat desperaat is en desperate dinge sal aanvang.

Ek hoop maar net dat die mense wat soos ek wa al vir jare in Brakpan bly, op hul hoede sal wees.


LEES OOK: Pensioner fights off hijackers

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button