Local newsNews
Anker speler beïndruk die keurders
Xavier Momberg se goeie spel is deur die keurders raakgesien en het daartoe gelei dat hy vir die uitnodiging span gekies is.
Hoërskool Die Anker se Xavier Momberg is gekies vir die Oos-Transvaal Bokkieweek-span, wat tydens 4 tot 8 Julie in Kroonstad deelgeneem het.
Tydens dié byeenkoms het keurders van 15 provinsies spelers geïdentifiseer wat uitgestaan het.
Xavier is gekies as hakker (nommer 2) vir die Bokkieweek uitnodigingspan wat op 16 Julie in Vereeniging deelgeneem het.
Hy was die enigste speler van Oos-Transvaal wat vir die span gekies was.
LEES OOK: Inwoners rol moue op om dorp skoon te kry
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



