Elke bietjie skoonmaak help
Dit vat regtig nie veel van ‘n mens om ‘n bietjie van jou tyd op te offer nie.

Melanie van Niekerk skryf per e-pos,
Ek let die afgelope tyd in die Herald op dat al hoe meer mense self probeer om die dorp skoon te maak.
Dit is die enigste manier hoe ons as inwoners sal voorkom dat die dorp nie onder vullis verdwyn nie.
Ek is self deel van ’n groep wat probeer om ’n verskil te maak en dit vat regtig nie veel van ’n mens om ’n bietjie van jou tyd op te offer nie.
In die algemeen voel mense dit is nie reg om ander se rommel op te tel nie, maar as ’n mens nie self inspring en probeer om ’n verskil te maak nie gaan die dorp nie goed lyk nie.
Dankie aan almal wat ’n bydrae maak om ons dorp skoon te hou.
LEES OOK:
Entries still open for SPAR Virtual Challenge
LEES OOK:
Ekurhuleni Women in Sports Awards nominations still open



