Local newsNews

Pa en dogter laat die skote klap

Pa en dogter het onlangs aan die Nasionale Skietpresident kompetisie in Bloemfontein deelgeneem.

Pa en dogter, Willie en Carina Joubert van Dal Fouché het onlangs saam aan die jaarlikse nasionale skietkompetisie deelgeneem.

Beide Willie en Carina, wat ‘n oud-leerder van die Hoërskool Stoffberg is, is deel van die Oosrand-tak van die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging.

Willie (53) het in 2003 reeds by dié tak aangesluit.

“Dit is nie bloot net ‘n sportsoort waaraan ‘n persoon deelneem net om die tyd te verdryf nie. Daar is ‘n tipe mentorskap wat met die sport gepaard gaan,” het Willie gesê.

In 2017 het Carina (27) ook besluit om by dié tak betrokke te raak.

Sy het destyds toe sy nog aan die Hoërskool Stoffberg skool gegaan het, ‘n liefde vir skyfskiet ontwikkel toe sy daar met die sport doenig was.

“Dit is vir my lekker dat selfs wanneer jy die wêreld op jou skouers dra, jy van alles vergeet sodra jy op die skietbaan kom,” het Carina gesê.


LEES OOK: Making it earsier for you to file an Income Tax Return


Die plaaslike tak bied maandeliks ‘n skiet dag aan.

Hier word daar op papier teikens geskiet en na afloop van die dag word almal se punte bymekaar getel, wat bepaal of hulle by die punteleer op of af skuif.

Hier neem beide Willie en Carina gewoonlik aan die vlakte-, bosveld-, vlakvark-, rooibok- en buffel kategorieë deel.

“Dit is vir my lekker hoe almal van die klub mekaar ondersteun en prys.”

Hulle het tydens Augustus aan die Nasionale Presidentskiet deelgeneem, wat in Bloemfontein by die Meerkatgat Skietbaan plaasgevind het.

Die kompetisie bestaan uit ‘n vlakte- sowel as en bosveld-oefening. Die vlakte oefeninge behels om ‘n springbok teiken op afstande van 300m, 200m en 100m af te skiet.

Met die bosveld oefeninge word daar op ‘n sebra teiken op afstande 150m, 100m en 50m geskiet.

Carina vertel dat die wind op die dag nie noodwendig aan hul kant was nie, wat dit meer uitdagend vir hulle gemaak het.

Hier het sy 11de plek verower uit ‘n totaal van 20 vroue.

“Ek is heel gelukkig, aangesien my punte heelwat verbeter het as toe ek in 2021 deelgeneem het,” het sy aan die Herald vertel.

Willie beweer dat dit nie sy beste dag was nie maar dat dit vir hom oor die ervaring gaan en om meer voorbereid vir volgende jaar te wees.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button