Dorpskomitee stel ultimatum oor Plastic City
Die dorpskomitee is ‘n drukgroep wat probleme en dienslewering in die dorp aanspreek.
Sowat 30 inwoners van die dorp het Donderdagaand die maandelikse vergadering van die Brakpan Dorpskomitee by Cosy Corner in Brenthurst bygewoon.
Die komitee is gestig om te dien as gemeenskap drukgroep en is nie geaffilieer aan ’n politieke party of ander organisasie nie.
Ten spyte van die feit dat kennisgewings oor die vergaderings vooraf bekend gemaak word is die opkoms telkens teleurstellend.
LEES OOK: Harvest Centre celebrates diversity
Die voorsitter William Douglas het gesê die vergaderings is vir inwoners van die dorp, ‘n platform waar hulle direk vrae aan die raadslede van die dorp kan vra en terugvoering kan ontvang.
Kwessies rondom probleem areas in die dorp en dienslewering word by die vergaderings uitgelig.
Tydens Donderdagaand se vergadering het die gemoedere weer hoog geloop oor die impak wat Plastic City op inwoners.
Volgens ‘n oudit is bykans 91% van die inwoners van Plastic City onwettig.
LEES OOK: What you should know about Autistic spectrum disorder
Die voorsitter van die komitee het tydens die vergadering ‘n ultimatum aan die Stad van Ekurhuleni gerig om drasties in te gryp.
“Die regte van onwettige buitelanders kan nie hoër geplaas word as dié van die wettige burgers van Brakpan en Suid-Afrika nie,” het Douglas gesê.
Hy het ook aangedui dat indien die Stad van Ekurhuleni nie binne ‘n sekere tyd aksie gaan neem teen die onwettige plakkers nie, gaan die komitee self ‘n plan maak.



