Geen keer aan Carla
Die talentvolle tiener het die medaljes in die verskillende drama-items ingepalm.
Brakpan se wêreldkampioen in die uitvoerende kunste, Carla Schönfeldt (14), het die afgelope week weer bewys waarom sy met dié titel spog.
Sy het 10 goue medaljes op eie bodem by die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe vir die Uitvoerende Kunste gewen.
Sy het die medaljes in die verskillende drama-items ingepalm.
Carla het ook na afloop van die kampioenskappe, wat van vanaf 30 September tot 8 Oktober plaasgevind het, ‘n spesiale prestasietoekenning ontvang vir haar uiters suksesvolle deelname aan die wêreldkampioenskappe, waar sy vroeër vanjaar aangewys is as die ‘Grand Champion of the World’ in die junior acting afdeling.
LEES OOK: Myths around hospice and palliative care
Die wêreldkampioenskappe het vanaf 22 tot 30 Julie in Los Angeles plaasgevind. Tydens dié kampioenskappe het Carla teen 66 ander lande meegeding.
Die spog geraamde toekenning is Saterdagaand tydens die 25ste gala toekenningsaand van die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe vir die Uitvoerende Kunste aan haar oorhandig.
Oor die afgelope week se SA kampioenskappe het Carla gesê dat sy elke oomblik geniet het.
“Dit is lekker om deel te neem en erkenning te ontvang vir die harde werk wat ons insit,” het Carla gesê.
Die talentvolle jong aktrise is ook onlangs gekroon as mej Stoffie, waar sy ‘n Graad Nege leerder is.
LEES OOK: Hoërskool Die Anker se leerlingraad vir 2023 aangekondig




