Driekie Grobler oorlede
Driekie Grobler was ‘n vriendelike vrou wat altyd deftig geklee was.
Die eggenote van Tom Grobler (83), bekende voertuig versamelaar van Brakpan, wat in 2019 oorlede is, Driekie (85), is onlangs oorlede.
Driekie was altyd aan haar man se sy terwyl hy oor die jare met sy indrukwekkende motorversameling by motorskoue gespog het.
Sy was alom bekend as ‘n vriendelike vrou wat altyd deur ‘n ring getrek kon word. Driekie is in Lichtenburg gebore waar sy en Tom ook getroud is.
Sy en haar oorlede man het vir 59 jaar saam in Norhtdenelaan gewoon voordat hulle na die Frank Mynhardt Sorgsentrum verhuis het.
Die sorgsentrum, waar sy baie gelukkig was, was vir die afgelope vier jaar haar tuiste.
Sy laat twee dogters, Ralie Cloete en Trienie Holloway, asook vyf kleinkinders en een agterkleinkind na.
‘n Gedenkdiens het Vrydag vanuit die AGS Kerk Betesda vir Driekie plaasgevind.
LEES OOK: Choral groups invited to workshop



