Gholfdag ten bate van Karlien
Die gholfdag se opbrengs sal ten bate van mediese onkostes wees.
Gholfspelers, besighede en ander belangstellendes word uitgenooi om op 4 November ‘n gholfdag ten bate van Karlien Roets (6) te ondersteun.
Karlien se ouers, Karen en Frikkie Roets voer daagliks ‘n stryd om vir hul kind die beste moontlike mediese sorg te kan voorsien.
Karlien is op 10 Augustus 2018 ernstig beseer toe ‘n kombuiskas op haar geval het. Haar pa, Frikkie, was besig om kaste in ‘n nuwe kombuis in die huis te installeer.
Karlien het ‘n los kas op haar omgetrek en het ernstige breinbeserings in die proses opgedoen. Daar word na haar by haar ouerhuis omgesien waar sy 24-uur mediese sorg benodig.
Die gholfdag se opbrengs sal ten bate van mediese onkostes wees. Dit word word die State Mines Country Klub aangebied. Registrasie is vanaf 09:00.
Die prys van ‘n vierbalfooi is R2 500. Persone wat die dag wil speel kan Karen by 074 963 8955 kontak.
LEES OOK: Lekwa Municipality pumps sewage into water network
LEES OOK: Matric farewell celebration in full swing at Rayton Tutor Centre



