Local newsNews

Organisasie reik uit na die gemeenskap

Truth Heals bied verskeie dienste aan om die gemeenskap te help.

Truth Heals ’n nie-winsgewende organisasie in die dorp wat daarin spesialiseer om gesinne op verskeie vlakke by te staan, het Saterdag hulself aan hul woord gestand gedoen en talle mense bederf.

Vrywilligers het van vroeg die oggend reggestaan om borde kos aan behoeftiges uit te deel.

Die hoogtepunt van die dag, ‘n Kerspartytjie vir kinders en ouers, is later die middag gehou.

“Ons het dit goed gedink om die uitreik te doen om terug te ploeg in ons gemeenskap,” het Trudie Swanepoel, die hoof uitvoerende beampte van Truth Heals verduidelik.

Sy het ook individue en besighede bedank vir die skenkings wat ontvang is om van die dag ‘n sukses te maak.

Truth Heals het in 2020 met Rata Maatskaplike Dienste hande gevat en sodoende help die twee instansies mekaar om die dorp se mense te ondersteun.

Hul kantore is in Brakpan-sentraal by Rata gevestig en hulle bied verskeie dienste aan.

Martha Neethling en Yolandi Wheeler vorm ook deel van die bestuurspan wat voltyds betrokke is.

Truth Heals bied dienste soos ouerskapwerkswinkels, boelie-programme, trauma fasilitering, pastorale ondersteuning, jeugkampe en vele meer aan.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button