Local newsNews

Liefdadigheidsbal was ‘n fees vir almal

‘n Groep diereliefhebbers en ondersteuners van Sunny’s Pet Outreach Team (SPOT) het Vrydagaand ‘n liefdadigheidsbal by Medley House bygewoon.

‘n Groep diereliefhebbers en ondersteuners van Sunny’s Pet Outreach Team (SPOT) het Vrydagaand ‘n liefdadigheidsbal by Medley House bygewoon.

‘n Baie spesiale gas, die viervoetige Wimpie, wat beskikbaar is vir aanneming het ook die aand saam met die gaste geniet.

Fondse is ingesamel deur onder ander lootjies en veilings, en verder het die gaste lekker geëet en gedans.

Sanette Bosman, die stigter van SPOT het meer vertel oor die werk wat hulle doen, waarna Jade die gaste met opera-liedere vermaak het.

Die platejoggie en sangeres Scallywag het gesorg vir die dansmusiek.

Ongeveer R4 000 is ingesamel, alhoewel SPOT se doelwit R12 000 was om te help met die sterilisasie van sowat 30 diere.

Persone wat belangstel om SPOT te ondersteun kan vir Bosman by 072 689 1767 kontak.


LEES OOK: Help Bedfordview Cansa save lives

LEES OOK: Feestelike atmosfeer heers by Laerskool Die Arend se Kersmark


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button