Local newsNews

Sonnies sorg vir spesiale dag

Die dames het gassprekers, heerlike kos en musiek geniet.

Sonneveld Akademie het Saterdag hul eerste Moedersdag damestee by die NG Kerk Brakpan Noord aangebied met twee sangers, drie gassprekers, wonderlike kos en tafelversierings.

Die gasvroue, onderwysers en ouers van leerders by die skool, het elk ‘n tafel gehad wat volgens ‘n tema van hul keuse versier is.

Gaste het ‘n driegang maaltyd geniet tussen die sprekers en sangers deur.  Gerda Leonard was die eerste gasspreker.


Michaela Bawden was een van drie sprekers.

Sy het vertel van hoe haar man siek geword het, hoe hulle deur dit gekom het en hoe God aanhou voorsien het nadat hulle hul besigheid verloor het.

Haar boodskap aan die vroue was dat hulle met waarde in hulself en met hoop, die krag het om hul lewens om te draai.

Daarna het Benriku Oosthuizen die gaste vermaak met ‘n paar liedjies oor vrouwees en moederskap.


Sonneveld Akademie vier boekedag


Die tweede spreker, Alexandra ‘Sandy’ de Bruin, het gepraat oor verslawing en hoe jy jou waarde in jouself moet raaksien, in plaas daarvan om dit van buite af te soek, voor jy struikelblokke soos verslawing kan oorkom.

Luca-Leigh Nieuwoudt, wat voorheen by die CANSA Relay for Life ook opgetree het, het die besoekers met sang vermaak terwyl hulle die hoofgereg geniet het.

Daarna het Michaela Bawden, haar getuienis gedeel oor hoe sy trauma oorwin het en ‘n verhouding met God gebou het eers nadat sy geleer het hoe om haarself lief te hê.




 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button