
• 27 Mei
Die seniors van die AGS Kerk, Brakpan-Wes Gemeente te Witpoortjieweg 122, Rand Collieries bied ‘n pretdag aan. Daar sal onder andere verskeie stalletjies wees, ‘n pretdag en Boeresport. Vir meer inligting kontak vir Korné Basson by 072 476 9006.
• 28 Mei
Die Just Wheels Motorklub se opedag (Lorriedag) word by die klubhuis te Kitzingerlaan 168 aangebied. Benewens ‘n groot uitstalling van vragmotors en voertuie sal besoekers ook ’n magdom stalletjies kan besoek. Die gewilde Ventertjies sal optree en besoekers sal ook die geleentheid kry om bloed te skenk.
Eet- en drinkgoed sal beskikbaar wees. Die toegang is gratis.
• 3 Junie
Pets Come First Grooming Parlour hou ‘n fondsinsameling vir die Brakpan Dierebeskermingsvereniging by die Garrison Pub and Grill @ Lady Luck te Ermeloweg 161 gehou vanaf 8:00. Besoekers kan uitsien na verskeie stalletjies en vermaak vir kinders. Enige skenking van dierekos of komberse vir die DBV sal ook verwelkom word. Vir meer inligting of om ‘n stalletjie te bespreek kontak vir Darius Joubert by 071 560 6292.
• ‘n Familie markdag word by die Eric Holdtman Dienssentrum, te Voortrekkerweg gehou. Die mark sal vele stalletjies bied en vermaak sal ook aangebied word. Toegang is R30 per persoon. Vir meer inligting kontak vir Dolly Grobbelaar by 011 740 9565.
• 24 Junie
Die NG Kerk Brakpan-Noord, te Gardinerlaan 101 bied ‘n damesoggend, met die bekende radio persoonlikheid Amoré Bekker aan. Die program sal om 10:00 begin en verversings is by die prys van die kaartjies ingesluit. Skakel vir Jenny Opperman by 072 136 5253 om te bespreek.
General
• Brakpan parkrun is open every Saturday at 07:50 at the Brakpan Sports Centre (across from the library). Runners, walkers and volunteers are welcome. It is free, just bring your running tag/barcode. You run, walk or jog at your own pace.
• Die Brakpan-tak van die Vroue Landbou-unie vergader elke tweede Dinsdag van die maand om 10:00 by die Just Wheels Motorklub se klubhuis te Kitzingerlaan 169. Belangstellendes kan vir Elsabe Grobler by 082 891 4514 kontak.
• A second-hand clothing sale will take place on Tuesdays and Thursdays from 08:00 to 11:30 at the NG Kerk Brakpan-Oos, corner of Boundary Road and High Street. Good-quality clothing available at discount prices. Call Hester Bosch at 083 307 0649.
If you have an event planned, you can submit it for inclusion in the Happenings column. These include community projects, fêtes, school events, church fundraisers and more.
The events included in this section are done so at the editor’s discretion. The deadline for submission of any entertainment events is 11:00 on Monday. Email details to thelma@caxton.co.za



