
Els-gesin van Dalview skryf per e-pos:
Ek en my gesin wil deur middel van die Herald vir die bestuur en organiseerders van die Just Wheels Motorklub bedank vir dit wat hulle elke maand aanbied.
Die lewe is duur en oral waar ‘n mens gaan moet jy toegangsgeld betaal. Ons is ‘n gesin van vyf, twee volwassenes en drie jong kinders.
Ons sien uit daarna om elke laaste Sondag van die maand na die Just Wheels Klub se opedag te gaan.
Die toegang is gratis en daarvoor kry jy vermaak, mooi karre, vriendelike mense, veilige parkering, lekker kos, baie stalletjies en gehaltetyd saam met jou gesin.
Ons as gesin salueer die bestuur en die organiseerders. Doen so voort daar is baie mense wat groot waardering het daarvoor.
ALSO CHECK: Just Wheels klublede rol moue op
ALSO CHECK: Just Wheels Motorklub betrek die jeug ook



