Die Brakpan-tak van die Vroue Landbou-unie se maandelikse vergadering het Dinsdagoggend by Just Wheels Klub plaasgevind.
Terugvoering is gegee oor die lede se deelname aan die onlangse kongres waar kunsvlyt en allerlei items vir beoordeling ingeskryf is.
Die jaarprogram vir die 2023/24 tydperk is ook bekendgestel.
Barbara Nel is tydens die kongres weer as president verkies, en Nina Nel as vise-president van die Goudrif streek. Die tema vir 2024 is Leef in Volkleur.
LEES OOK: Benoni Flying Squad makes their presence known in Brakpan
Die nuwe Afrikaanse skrywer van die jaar is die beroemde Nathaniël, die Engelse skrywer is Irma Venter, die kunstenaar Wouter Kellerman en die persoonlikheid vir die jaar is Kirsten Neuschäfer, die wenner van die 2022 Golden Globe seiljag.
Bome vir 2024 is die Bergkaree en gewone Kareebome, terwyl die voorgestelde studierigting kreatiewe vaardighede behels.
Die liefdadigheidsprojek vir die jaar is ‘Hef ‘n kind op’ en lede kan op enige wyse onafhanklik as ‘n tak of deur ‘n bestaande nie-winsgewende organisasie kinders met ‘n liefdadigheidsprojek ondersteun.
Die Brakpan-tak beplan dat elke lid ‘n kartonboks sal vul met onder andere toiletware, handoeke, waslappe, haar benodighede, skryfbehoeftes, klere en sokkies. Die items sal deur die jaar versamel word en aan die einde van die jaar aan gekose kinders geskenk word.



