Dalview Graad Sewes klok uit
Die skool vier die einde van die Graad Sewes se laerskool loopbaan met die sermeonie.
Laerskool Dalview het onlangs ‘n uitklok seremonie gehad om die Graad Sewe leerders vaarwel toe te roep.
Ansie Berowsky, ‘n Graad Een onderwyser wat al vir jare lank aan die skool verbonde is, het ook saam met die Graad Sewes uitgeklok aangesien sy nou aftree.
Die uitklok seremonie is ‘n tradisie wat by die skool ingestel is. Graad Een leerders lui die klok op hul eerste dag om in te klok, wat hulle simbolies ware Dalwers maak.
Hulle ontvang dan ‘n medalje wat wys dat hulle die klok gelui het. Die Graad Sewes lui dan die klok aan die einde van hul loopbaan by die skool om vaarwel te sê.
‘n Bestaande tradisie van die skool vorm ook nou deel van die nuwe seremonie, en sien dat die Graad Sewes ‘n Bybel ontvang wanneer hulle uitklok.





