Johan van den Heever het die 1994 Dodge Viper wat ten toon gestel is van nader bekyk.
Die versengende hitte het nie Sondag ‘n demper geplaas op die Just Wheels Motorklub se opedag nie. Die dag is goed ondersteun.
Esmé Geldenhuys (5) was een van die jonger besoekers.
Benewens die uitstalling van voertuie kon besoekers ook lekker rondsnuffel by die groot verskeidenheid stalletjies.
Daar was ook ‘n uitstalling van allerlei modelle, van onder ander andere treinstelle en karretjies. Johan Els, ‘n lid van die Just Wheels Motorklub sit hier by sy uitstalling.
Bart Zaayman van Just Wheels staan hier by Lood Schulz en sy Unimog Camper een van die vele voertuie wat Sondag deur die publiek besigtig kon word. Schulz het vanaf Mpumalanga gereis om sy linkerhandstuur camper, wat hy self omskep het, ten toon te stel.
Die Just Wheels Motorklub se opedae word maandeliks aangebied en die toegang is gratis.
Daar was 'n hele paar Datsun 1600 bakkies by die opedag te sien.
Jacques Wiggill van Boksburg by sy 1972 Datsun 1600 sss.