Local newsNews

Inwoners maak self plan toe boom val

Inwoners word aangeraai om die regte proses te volg deur die inbelsentrum te skakel.

Inwoners van Wattlestaat, Dalpark moes verlede Dinsdag self inspring en ‘n stuk van ‘n boom, wat omgeval het, uit die pad verwyder.

Inwoners het die boom self opgesny en verwyder aangesien dit die pad heeltemal versper het.

Na bewering rapporteer die inwoners gereeld die verouderde bome wat ‘n hoë risiko is of reeds omgeval het aan die munisipaliteit, maar word daar blykbaar aangedui dat die munisipaliteit nie bome verwyder in omheinde buurte nie.

Volgens die Stad van Ekurhuleni se woordvoerder, Zweli Dlamini, behoort dit glad nie die geval te wees nie.

“Dit is deurslaggewend om te beklemtoon dat boomverwydering beskikbaar is in alle areas, omheinde areas ingesluit, op die voorwaarde dat ‘n formele versoek gerig word deur middel van die munisipaliteit se inbelsentrum.”

Verder verduidelik hy dat dit van belang is dat alle voorvalle en klagtes na die inbelsentrum behoorlik aangemeld word, sodat voldoende rekord gehou kan word oor klagtes en dit sodoende vinnig aangespreek en opgelos kan word.

“Die Stad van Ekurhuleni het ‘n verpligting, sowel as ‘n reg, om bome op munisipale grond, soos sypaadjies, te onderhou.”

Skakel 0860 543 000 om ‘n klagte aan te meld by die inbelsentrum.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button