Happenings
If you have an event planned, you can submit it for inclusion in the Happenings column.
24 Februarie
Die Brakpan inter-kleuterskole atletiekbyeenkoms word op die sportvelde van die Hoërskool Stoffberg aangebied vanaf 08:00. Besoekers word versoek om ‘n skenking van dierekos vir die Brakpan DBV saam te neem.
25 Februarie
Just Wheels Motorklub se opedag vind plaas by die klubhuis te Kitzingerlaan 169. Die tema vir die opedag is “Race Car en V8 Day”. Die toegang is gratis en vermaak sluit ‘n vlooimark, musiek en ponieritte in. Die hekke sal om 09:00 open.
1 Maart
‘n Whine and Wine aand word in Sonneveld gehou vanaf 18:00. Geniet ‘n ontspanne aand met ander vroue, skilder iets en geniet ‘n glasie wyn. Plekke is beperk tot 45, dus is dit nodig om vroegtydig te bespreek. Kontak vir Anneke Bothma by 067 014 3086.
March 2
Dalpark Private School, situated at 34 Umkomaas Road, Leachville, will host its annual Big Walk from 08:00 to 13:00. In addition to the walk, there will be soccer and netball games, activities for parents and food stalls. Call the school on 011 915 5700.
2 Maart
Felicitas Skool se jaarlikse kermis vind plaas vanaf 08:30 tot 14:00. Daar sal talle aktiwiteite wees asook heerlike kos en die gebruiklike verkope van tweedehandse items. Die skool is geleë te Muriel Brandstraat en die toegang is R2 per persoon.
9 Maart
• ‘n Boeremark word by die Brakpan Garden & Pet Centre te Collieriesweg 148 aangebied. Kos, handgemaakte items en vars produkte sal beskikbaar wees. Persone wat belangstel om uit te stal kan 082 818 1648 skakel.
• Sonneveld Akademie bed ‘n Sonnies Kultuurfees aan. Kunstenaars kan hul talente ten toon stel in onder andere drama, redenaars en visuele kunste. Vir meer inligting of om in te skryf kontak vir Suzette Binneman by 061 346 0394.
General
• Die Golden Oldies Klub vergader elke Donderdag in die saal van die Adullam Biker Ecclesia wat te 134 Gardinerstraat geleë is. Die klub is vir pensionarisse, en bied verskillende aktiwiteite aan. Lede se bloeddruk word ook weekliks gemeet. Vir meer inligting, skakel vir Ursula Ewards by 082 491 6217.
• Die NG Kerk Brakpan-Oos, op die hoek van Boundaryweg en Lappingstraat hou elke Vrydagaand vanaf 18:30 ‘n buitelug “Praise and Worship”. Belangstellendes kan komberse of tuinstoele saam neem om op te sit. Kontak vir Anton Pretorius by 084 499 5462 vir meer inligting.
• Brakpan parkrun is open every Saturday at 07:50 at the Brakpan Sports Centre (across from the library). Runners, walkers and volunteers are welcome. It is free, just bring your running tag/barcode. You run, walk or jog at your own pace.
• Die Brakpan-tak van die Vroue Landbou Unie vergader elke tweede Dinsdag van die maand om 10:00 by die Just Wheels Motorklub se klubhuis, Kitzingerlaan 169. Belangstellendes kan Elsabe Grobler by 082 891 4514 kontak.
• A second-hand clothing sale will take place on Tuesdays and Thursdays from 08:00 to 11:30 at the NG Kerk Brakpan-Oos, corner of Boundary Road and High Street. Good-quality clothing at discount prices. Call Hester Bosch at 083 307 0649.
If you have an event planned, you can submit it for inclusion in the Happenings column. These include community projects, fêtes, school events, church fundraisers and more. The events included in this section are done at the editor’s discretion. The deadline for submission of entertainment events is 11:00 on Monday. Email details to thelma@caxton.co.za



