Local newsNews

Felicitas fokus op serebrale gestremdheid

Die leerders het aan allerlei sensoriese aktiwiteite en speletjies deelgeneem.

Personeel en leerders van Felicitas Skool se program was sedert die begin van die maand propvol weens die viering van Serebrale Gestremdheid-maand, wat gedurende Maart plaasvind.

Die skool is met groen versierings verfraai, aangesien dié kleur ingespan word vir bewusmaking oor serebrale gestremdheid.

Alhoewel die maand se vieringe vroeg afgesluit is, weens die sluiting van skole op 20 Maart, het dit op ‘n vrolike noot geëindig toe die serebrale gestremdheid-eenheid Dinsdag ‘n pret dag geniet het waartydens die leerders aan verskeie sensoriese speletjies en aktiwiteite deelgeneem het.

Die serebrale gestremdheid-eenheid se onderwysers is ook bederf met ‘n groen lafenis en verversings.



Die skool het ook ‘n dag beskikbaar gemaak waar ouers van opgeleide sprekers raad ontvang het oor hoe om hul kinders te ondersteun.

Die onderwysers het wenke en waardevolle inligting ontvang van ‘n spreker wat self serebraal gestremd is.

Daarbenewens het onderwysers en leerders ook besoek gebring aan die graad vier tot sewe leerders van die Laerskool Môrewag vir bewusmaking van serebrale gestremdheid.

Die skool het selfs borsspelde en sleutelhouers verkoop vir verdere bewusmaking.




ALSO CHECK: Motorists warned to watch out for bogus cops

ALSO CHECK: Visually impaired gardener aims to start community garden

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button