Local newsNews
Ringbalklub soek spelers
Liga wedstryde word om sommige Saterdae gespeel of saans gedurende die week.

Die Brakpan Ringbalklub is op soek na spelers om by die klub aan te sluit.
Junior spelers oefen Maandae en Woensdae vanaf 18:00 tot 19:00 en senior spelers op dieselfde aande vanaf 19:00 tot 21:00.
“Ons nooi oud en jonk uit om by ons in te skakel. Dit is ‘n sportsoort wat fiksheid bevorder en baie goed is vir hand- en oogvaardighede,” het ’n woordvoerder van die klub gesê.
Liga wedstryde word om sommige Saterdae gespeel of saans gedurende die week.
Persone wat meer inligting verlang van vir Corry Labuschagne by 060 961 9459 kontak.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.