Local newsNews

AfriForum bring Steunkring op die been

Die forum is daar om die gemeenskapstakke in die Oos-Rand te ondersteun.

AfriForum bied ‘n verskeidenheid opleiding aan buurtwagte, van basiese vlak tot meer gevorderde vlakke en met die oog hierop is ‘n Oos-Rand Steunkring Donderdag, 14 Maart gestig.

Hierdie forum stel takbesture in die Oos-Rand in staat om mekaar te ondersteun en hulpbronne te deel in geval van noodsituasies.

Die forum is daar om die gemeenskapstakke in die Oos-Rand, insluitend Springs, Benoni, Brakpan, Alberton, Boksburg, Kempton Park, Edenvale en Germiston, te ondersteun in geval van onluste of dreigende situasies, soos die ontploffing van ‘n vragmotor met brandstof, soos wat ‘n jaar gelede in Boksburg plaasgevind het.

AfriForum Oos-Rand bied ook geakkrediteerde hommeltuig opleiding aan, sowel as vir ANPR-kameras wat vir buurtwagte proaktiewe inligting gee om gemeenskappe te bemagtig in die stryd teen misdaad.

“Ons nooi enige besighede of individue binne die gemeenskap om betrokke te raak,” het Ferreira gesê.

Vir meer inligting of om aan te sluit kan Jurie Ferreira by 081 217 8579 gekontak word.


Related Articles

Check Also
Close
 
Back to top button