Drie atlete van Laerskool Dalview het aan die onlangse Suid-Afrikaanse Laerskole Atletiek Kampioenskappe deelgeneem.
Die atlete is Iwan Labuschagne, Gerhard Booysen en Lelancia Woest.
Gerhard Booysen (o12) het ‘n tweede plek behaal in gewigstoot met ‘n afstand van 11.9m. Hy het ook deelgeneem aan diskus, waar hy ‘n sesde plek behaal het met 36.34m.
Iwan Labuschagne (o12) het vierde gekom in gewigstoot met ‘n afstand van 12.58m.
Le-Lancia Woest (o10) het in die 70m hekkies item deelgeneem maar is gediskwalifiseer.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!




