Local newsNews

Vrou (24) vermoor, twee aangekeer

Paramedici het die vrou op die toneel dood verklaar.

Twee jong mans (19 en 21) sal na verwagting vandag in die Brakpan Landdroshof verskyn op aanklagtes van moord nadat ‘n vrou (24) Vrydagaand vermoor is.

Volgens inligting van die SAPD is ‘n erg beseerde vrou Vrydagaand ongeveer 20:30 in die pad, op die hoek van Springsweg en Farquarsonstraat in Rand Collieries opgemerk deur ‘n lid van die Benoni Blitspatrollie, wat op pad huis toe was.

Hulp is dadelik ontbied en volgens inligting is die vrou op die toneel oorlede.

Intussen was daar ’n nie-verwante geval, slegs sowat ’n kilometer daarvandaan, waar ’n manspersoon glo van sy besittings beroof is deur twee verdagtes.

SecureTech, wat op die toneel in Springsweg was, is ook na dié tweede toneel ontbied en kon daarin slaag om twee verdagtes te arresteer.

Dié twee verdagtes, wat na die toneel in Springsweg geneem is, is glo daar uitgewys as die aanvallers van die oorledene.

‘n Man wat glo saam met haar was voordat sy aangeval is, het die uitwysing gemaak.

Die naam van die oorledene is bekend maar word nog weerhou en die ondersoek duur voort.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Themba Vukeya

Experienced journalist and news editor skilled in creating compelling digital content. Expertise includes breaking news, feature writing, and engaging storytelling across diverse stories.

Related Articles

Back to top button